Lief en Leed in Lewe
Daar is lief en leed in elke lewe,
Maar die lief en vreug is elk se strewe,
En in elke lewe is daar smarte,
Maar geluk verhef die seerste harte,
En die lewe aan elkeen gegewe
Word deur diepe smarte hoog verhewe,
En die ryke wysheid so vergader,
Trek ons harte vol van vreugde nader.
En die hart wat deel sy diepste smarte,
Sal verstaan die leed van ander harte,
Want ons leed is nooit nie te veragte,
Daarom is gedeelde leed versagte.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 8 November 1940